Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sonder Verleentheid en Sonder Vertoon

    Dis vreemd hoedat hierdie vermanings verontagsaam word. Selfs onder diegene wat voorgee dat hulle Christene is, word daar maar min opregte gasvryheid openbaar. Onder ons eie mense word die voorreg om gasvryheid te betoon nie in die regte lig beskou nie, n.l. as ‘n voorreg en seen nie. Die gees van geselligheid en die gewilligheid om vir twee of drie aan tafel plek te maak sonder verleentheid of vertoon, word baie gemis. Sommige sê, “dis te veel moeite.” Dit sal nie te veel moeite wees as u sou sê, “Ons het nie spesiale voorbereiding gemaak nie, maar u is welkom tot wat ons het.” So ‘n verwelkoming word deur ‘n onverwagte gas meer op prys gestel as die uitvoerigste voorbereiding. As daar tyd wat aan Christus behoort in beslag geneem word om vir besoekers voor te berei verloën ons Christus daardeur. Daardeur beroof ons God en ons verontreg ook ander. Deur op uitvoerige wyse te onthaal, beroof vele hulle gesinne van die nodige versorging, en hulle voorbeeld noop ander om dit ook te doen.UG1 81.1

    Onnodige kommer en werk word veroorsaak as daar ‘n te groot vertoon gemaak word by die onthaal van besoekers. In die poging om ‘n groot verskeidenheid van geregte op tafel te bring, oorëis die huisvrou haarself; en omdat daar so baie geregte is, ooreet die gaste hulle; en die resultaat is siekte, as gevolg van oorëising aan die een kant, en ooreet aan die ander kant. Sulke groot feeste is ‘n beslommernis en ‘n gevaar.UG1 81.2

    Maar die Here verlang dat ons sal omsien na ons broeders en susters. Die apostel Paulus gee ons ‘n voorbeeld in hierdie verband. Aan die gemeente te Rome sê hy: “Ek beveel by julle aan ons suster, Febe, wat ‘n dienares is van die gemeente in Kenchreë, dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie ‘n beskermster en ook vir my.” Rom. 16: 1, 2. Febe het die apostel onthaal, en sy was op ‘n voortreflike wyse iemand wat vreemdelinge onthaal het wat hulp nodig gehad het. Haar voorbeeld behoort deur die kerke van vandag nagevolg te word.UG1 81.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents