Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Onderhoud van die Evangelie

    Die Here het die verkondiging van die Evangelie afhanklik gemaak van die arbeid en vrywillige gifte van Sy volk. Die een wat die boodskap van genade aan die gevalle mensdom verkondig, het nog ‘n ander werk, naamlik, om aan die mense hulle plig voor te hou om die werk van God te ondersteun met hulle geld. Hy moet hulle daarop wys dat ‘n deel van hulle inkomste aan God behoort en dat dit heilig is aan Sy werk. Hierdie les moet hy aan hulle voorhou deur gebod en voorbeeld; en hy moet oppas dat hy nie deur sy eie gedrag afbreuk doen aan die belangrikheid van sy leer nie.UG1 140.3

    Die goed wat volgens die Skrifte afgesonder is as behorende aan God, is vir die verkondiging van die Evangelie, en dit behoort nie meer aan ons nie. Dit is niks anders as heiligheidskennis vir iemand om geld uit die skatkis van God te neem vir homself of vir die gebruik van ander in wêreldse besigheid. Sommige het verkeerd gehandel deur middele van die altaar van God weg te hou wat spesiaal aan Hom gewy is. Almal behoort hierdie saak in die regte lig te beskou. Laat niemand wat in geldelike moeilikhede verkeer geld wat heilig is vir godsdienstige doeleindes vir sy eie voordeel gebruik en dan sy gewete sus met die voorneme om dit by ‘n later geleentheid weer terug te betaal nie. Dit sou ver beter wees om mens uitgawes te reël volgens jou inkomste, om met minder klaar te kom en volgens jou inkomste te leef, as om die Here se geld te gebruik vir wêreldse doeleindes.UG1 140.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents