Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Opregte Christelike Gasvryheid

    Armoede behoort ons nie te belet om gasvry te wees nie. Ons moet gee wat ons het. Daar is diegene wat worstel om ‘n bestaan te maak, en wat groot moeite het om uit te kom; dog hulle het Jesus lief in die persoon van Sy heiliges; hulle is bereid om gasvryheid te betoon aan gelowiges en ongelowiges, en hulle trag om hulle besoeke geseënd te maak. Aan tafel en by die huisaltaar heet hulle die gaste welkom. Die gebedsoefening maak ‘n groot indruk op die gaste, en selfs een besoek mag die redding van ‘n siel uit die dood beteken. Die Here neem kennis van hulke dienste, en sê, “Ek sal vergeld.”UG1 85.1

    Broeders en susters, nooi diegene wat behoefte het aan gasvryheid en vriendelikheid, na u huis. Moenie ‘n vertoon maak nie, maar waar u hulle behoefte sien, neem hulle in, en betoon aan hulle opregte Christelike gasvryheid. Daar is groot voorregte verbonde aan vriendelike omgang.UG1 85.2

    Waar ons aan ander van ons tydelike voedsel gee, moet ons ook aan hulle hoop, moed, en Christelike liefde meedeel; want “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie.” Ons moet “troos wat in alle verdrukking is deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.” 2 Kor. 1:4. En dan het ons die versekering, “God het mag om alle genade oor julle oorvloedig te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.”UG1 85.3

    Ons bevind ons in ‘n wêreld van sonde en versoeking; orals rondom ons gaan daar siele sonder Christus verlore, en God wil hê dat ons vir hulle op elke moontlike manier sal arbei. As u ‘n lekker huis het, nooi dan jongmense uit wat geen huis het nie, wat hulp nodig het en wat verlang na medelye en vriendelikheid. As u verlang om hulle tot Christus te bring, moet u u liefde en respek vir hulle betoon as diegene wat deur Sy bloed gekoop is.UG1 85.4

    Deur die voorsienigheid van God kom ons in aanraking met diegene wat onervare is en wat behoefte het aan medelye en liefde. Hulle het hulp en bystand nodig, want hulle is swak. Die jongmanne het hulp nodig. In die krag van Hom wat Hom oor die hulpelose, die onkundiges, en die geringes ontferm, moet ons vir hulle toekomstige welsyn en die vorming van hulle Christelike karakters werk.UG1 86.1

    Diegene wat ons hulp die meeste nodig het, sal ons geduld met tye baie beproef. Christus sê, “Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van My Vader wat in die hemele is.” Matt. 18: 10. En aan diegene wat vir hierdie siele arbei sê die Here, “Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Matt. 25: 40.UG1 86.2

    Die hoofde van diegene wat hierdie werk doen, sal die kroon van selfopoffering dra, maar hulle sal hulle loon ontvang. In die hemel sal ons eendag die jongmense ontmoet wat ons gehelp het, diegene wat ons na ons huise genooi het, en wat ons van versoeking verlos het. Ons sal sien hoedat hulle gesigte die glans van die heerlikheid van God weerkaats. “En hulle sal Sy aangesig sien, en Sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.” Openb. 22: 4.UG1 86.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents