Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Werk van Huis tot Huis

    Orals is daar nedersettings van welgestelde boere wat nog nooit die waarheid vir hierdie dae gehoor het nie. Sulke plekke moet bearbei word. Laat ons leke hierdie soort werk opneem. Deur boeke uit te leen of te verkoop, deur leesstof te versprei en deur Bybelstudies te gee, kan ons leke baie in hulle eie omgewing doen. Vervul met liefde vir siele kan hulle die boodskap met sulke krag verkondig dat baie tot bekering sal kom.UG1 115.4

    Twee Bybelwerkers het in ‘n sekere huis gesit. Hulle het die Bybel voor hulle oop gehad en hulle het die Here Jesus voorgehou as die vergewende Verlosser. Daar is vurig tot God gebid, en harte het onder die invloed van die Gees van God gekom. Hulle gebede was kragtig. Namate hulle die Woord van God verduidelik het, het ek ‘n sagte, heldere lig gesien wat die Skrifte verlig het, en ek het saggies gesê, “Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat My huis kan vol word.” Lukas 14: 23.UG1 116.1

    Die heerlike lig het van buurman tot buurman gegaan. Huisaltare wat lank reeds versaak is, is weer opgerig en baie het tot bekering gekom.UG1 116.2

    My broeders en susters, gee julleself aan die Here oor vir diens. Neem elke geleentheid vir diens tebaat. Besoek die siekes en lydendes en stel vriendelike belang in hulle. Doen, indien moontlik, iets om hulle lot te versag. Langs hierdie weg sal u hulle hart aanraak en ‘n woordjie vir Christus kan sê.UG1 116.3

    Die ewigheid alleen sal die vrugte van sulke diens toon. Daar sal geleentheid wees vir ander soorte werk vir diegene wat gewillig is om die werk te doen wat voorhande is. Dit is nie geleerde, welsprekende werkers wat tans nodig is nie, maar nederige, Christelike manne en vroue wat van Jesus van Nasaret geleer het hoe om nederig en ootmoedig te wees, en wat, steunende op Sy krag, sal uitgaan op die paaie en na die lanings met die uitnodiging: “Kom, want alles is gereed.” Lukas 14: 17.UG1 116.4

    Diegene wat goeie landbouers is, en diegene wat een-voudige huise kan bou, kan help. Hulle kan goeie werk doen en terselfdertyd in hulle karakters die hoë peil toon wat lede van hierdie genootskap kan bereik. Laat boere, finansiers, messelaars en ander ambagsmanne na verwaarloosde plekke gaan om die grond te bewerk, industrieë op te rig, wonings vir hulleself te bou, en ook om die waarheid aan hulle bure te verkondig.UG1 116.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents