Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK TWEE-EN-DERTIG—DIE GEMEENTE VAN LAODICEA

    (Deel III, bis. 252-256; Deel I, bls. 185-188.)

    DIE boodskap aan die gemeente van Laodicea bevat ‘n ernstige bestraffing, en dit is van toepassing op die volk van God in ons dae.UG1 214.1

    “En skryf aan die leraar van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God — Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit My mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en nakend is nie.”UG1 214.2

    Die Here toon hier dat die boodskap wat aan Sy volk moet verkondig word deur die predikante, nie ‘n boodskap van vrede en veiligheid is nie. Dit is nie ‘n teoretiese boodskap nie, maar een wat in alle opsigte prakties is. In die boodskap aan die Laodicense word daarop gewys dat die volk van God hulleself beskou as veilig. Hulle is dood op hulle gemak en meen dat hulle baie hoog staan wat geestelike dinge betref. “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaens-waardig en arm en blind en nakend is nie.”UG1 214.3

    Watter groter bedrog is daar vir die mens as om te glo dat alles goed en reg is, terwyl alles verkeerd is! Die boodskap van die Waaragtige Getuie tref die volk van God aan in ‘n treurige toestand van selfbedrog, en hulle besef dit nie. Hulle weet nie dat hulle voor God in ‘n ellendige toestand verkeer nie. Terwyl hulle daarmee spog dat hulle op geestelike gebied verryk is, openbaar die Waaragtige Getuie aan hulle hulle ware toestand van geestelike blindheid, armoede en ellende. Die getuienis wat so skerp en snydend is, is waar, want dit is die Waaragtige Getuie wat spreek, en Sy getuienis is altyd waar.UG1 214.4

    Dit is moeilik vir diegene wat veilig voel en wat meen dat hulle op geestelike gebied verryk is, om ‘n boodskap aan te neem wat sê dat hulle hulleself bedrieg en behoefte het aan al die geestelike deugde. Die hart wat nie geheilig is nie is “bedrieglik bo alle dinge, ja verdorwe is dit.” Aan my is getoon dat vele wat daarmee spog dat hulle goeie Christene is, nie ‘n straaltjie van die lig van Jesus in hulle het nie. Hulle het nie ‘n lewende en persoonlike ondervinding van die geestelike lewe nie. Dit is nodig dat hulle hulle tot die stof toe sal verootmoedig voor God, voordat hulle hulle behoefte sal besef aan die deugde van die Gees, en ‘n ernstige en volhardende poging sal maak om hierdie deugde te bekom.UG1 215.1

    God lei Sy volk stap vir stap voort. Die Christelike lewe is ‘n gedurige stryd en ‘n mars. In hierdie stryd is daar geen verposing nie. Dit is deur aanhoudende stryd dat ons steeds die oorwinning oor die versoekings van Satan verkry. As ‘n volk oorwin ons in die krag van die waarheid. Ons kan die posisie ten opsigte van ons geloof handhaaf deur oorvloedige skriftuurlike bewyse. Maar dit ontbreek ons aan Bybelse nederigheid, geduld, geloof, liefde, selfverloëning, waaksaamheid, en geestelike opoffering. Ons behoort Bybelse heiligheid aan te kweek. Die sonde heers onder die volk van God. Die onomwonde bestraffing aan die Laodicense word nie aangeneem nie. Baie is verkleef aan hulle twyfeling en boesemsondes, en hulle bedrieg hulleself deur te voel en te praat asof hulle aan niks behoefte het nie. Hulle meen dat die bestraffing in die getuienis van die Gees van God nie nodig is nie, en nie vir hulle bedoel is nie. Hulle het groot behoefte aan die genade van God en aan geestelike insig, sodat hulle kan sien waar hulle kortskiet in gees-telike kennis. Hulle ly gebrek aan byna alles wat nodig is vir die volmaking van ‘n Christelike karakter. Hulle het nie ‘n praktiese kennis van Bybelse waarhede wat nederigheid en eensgesindheid met die wil van Christus sal bevorder nie. Hulle lewe nie in gehoorsaamheid aan al die vereistes van God nie.UG1 215.2

    Dit is nie genoeg om slegs voor te gee dat ons die waarheid glo nie. Al die gesante van Christus staan so te sê onder verpligting om die stryd aan te knoop teen die sielevyand, om verkeerde dinge te veroordeel en geregtigheid te handhaaf. Maar die Waaragtige Getuie openbaar die feit dat ons mense bedrieg is en dat daar waarskuwings nodig is om hulle uit die slaap wakker te skud en hulle tot dade aan te vuur.UG1 216.1

    In die laaste gesig wat ek gehad het, is daar aan my getoon dat selfs die besliste boodskap van die Waaragtige Getuie nog nie Gods doel bereik het nie. Die mense slaap nog voort in hulle sondes. Hulle hou nog vol dat hulle verryk is en aan niks gebrek het nie. Daar is baie wat vra: Waarom word al hierdie bestraffings gegee? Waarom beskuildig die Getuienisse ons gedurig van afvalligheid en growwe sondes? Ons het die waarheid lief; ons is voorspoedig; ons het nie al hierdie getuienisse, waarskuwings en bestraffings nodig nie. Maar laat hulle hulle eie harte sien en laat hulle hulle lewens vergelyk met die praktiese leer van die Bybel; laat hulle hulle siele voor God verootmoedig, laat die genade van God hulle duisternis verlig, dan sal die skille van hulle oë afval en hulle sal hulle ware geestelike powerheid en ellende besef. Dan sal hulle besef dat dit nodig is om goud te koop, naamlik reine geloof en liefde; en wit klere—’n vlekkelose karakter gereinig in die bloed van die Verlosser; en oogsalf — die genade van God — wat hulle ‘n heldere insig sal gee van geestelike dinge en wat die sonde sal ontdek. Hierdie dinge is kosteliker as goud.UG1 216.2

    Aan my is getoon dat die grootste rede waarom die volk van God op geestelike gebied so blind is, te wyte is aan die feit dat hulle nie teregwysings wil aanneem nie. Baie het die teregwysings en bestraffings wat aan hulle gegee is, verag. Die Waaragtige Getuie veroordeel hierdie louheid onder die volk van God, wat Satan groot mag oor hulle gee in hierdie tyd wanneer hulle behoort te waak en wag te hou. Die selfsugtiges, die hoogmoediges, en diegene wat die sonde lief het, verkeer gedurig in twyfeling. Satan besit die vermoë om hulle te laat twyfel, en hy gee besware aan die hand teen die raak getuienisse wat God stuur; en baie meen dat dit ‘n deug is, ‘n bewys van inteltligensie, om ongelowig te wees, te twyfel en te kibbel. Diegene wat graag wil twyfel sal baie rede daarvoor hê. Dis nie Gods doel om alle grond van twyfeling weg te neem nie. Hy gee bewyse wat sorgvuldig en met ‘n nederige en geseglike gees ondersoek moet word, en almal moet self besluit volgens die getuienis.UG1 216.3

    Die ewige lewe is van oneindige waarde, en dit sal alles kos wat ons het. Aan my is getoon dat ons die ewige dinge nie na waarde skat nie. Alles wat die moeite werd is, selfs in hierdie lewe, kos inspanning en soms die grootste opoffering; en dit is maar om verganklike skatte te verkry. Sal ons dan minder gewillig wees om te werk en te stry en groot opofferings te maak om die skat van oneindige waarde te verkry, en ‘n lewe wat gelyk sal staan met die van die ewige God? Kan die hemel vir ons te duur wees?UG1 217.1

    Geloof en liefde is skatte van goud, maar dis dinge wat in ‘n groot mate ontbreek onder die volk van God. Aan my is getoon dat ongeloof in die waarskuwings, aanmoedigings en bestraffings, die lig van God van Sy volk weghou. Ongeloof verblind hulle oë sodat hulle nie hulle ware toestand kan besef nie. Die Waaragtige Getuie beskryf hulle blindheid as volg: “En jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en nakend is nie.”UG1 217.2

    Geloof in die spoedige koms van Christus ontbreek. “My Here talm om te kom,” word nie alleen in die hart gesê nie, maar dit blyk ook uit die woorde en werke. Onkunde in hierdie tyd waarin hulle moet waghou, verblind die volk van God vir die tekens van die tye. Die vreeslike ongeregtigheid wat daar heers, verg die grootste waaksaamheid en die lewende getuienis om die sonde uit die kerk te weer. Daar is ‘n onrusbarende versaking van die geloof, en dit is alleen deur die geloof in beoefening te bring dat dit vermeerder kan word.”UG1 217.3

    Geagte Broeders en Susters: Die Here het weer groot genade aan my betoon. Oor die afgelope paar maande was ek baie siek. Die siekte het swaar op my gedruk. Vir jare al ly ek aan water en hartkwaal, wat ‘n neiging het om my baie neerslagtig te maak en my geloof en moed te vernietig. Die boodskap aan die Laodicense het nie die bekering teweeggebring onder Gods volk wat ek verwag het nie, en dit het my baie ontstel. Dit het geskyn of my siekte vererger het, en ek het gevoel dat ek sou sterf. Ek het geen begeerte gehad om te lewe nie, en daarom het ek nie die geloof gehad om te bid om herstelling nie. Baie aande wanneer ek gaan lê het, het ek besef dat ek my asem kon uitblaas voor die more aanbreek. Een nag teen middernag het ek flou geword. Broeders Andrews en Loughborough is laat roep, en hulle het ernstig vir my gebid. Die neerslagtigheid, die swaar gewig is van my hart weggeneem en ek het ‘n gesig gesien, en die dinge wat ek nou aan julle bekendmaak is aan my getoon.UG1 218.1

    Ek het gesien dat Satan daarop uit was om my te ontmoedig en wanhopig te maak, sodat ek die dood sou begeer lewer as die lewe. Aan my is getoon dat dit nie die wil van God was dat ek nou my werk sou staak en sterf nie; want dan sou die vyande van ons geloof die oorwinning behaal en die harte van Gods kinders sou bedroef word. Ek het gesien dat ek baie sou ly; maar die belofte is aan my gegee dat diegene rondom my, my sou bemoedig en help, sodat ek nie sal moed verloor wanneer Satan my woedend aanval nie.UG1 218.2

    Aan my is getoon dat die boodskap aan die Laodicense van toepassing is op Gods volk in hierdie dae, en dat die rede waarom dit nie ‘n groter uitwerking gehad het nie toe te skryf is aan die hardheid van hulle harte. Maar die Here het aan die boodskap tyd gegee om sy werk te doen. Die hart moet gereinig word van die sondes wat Jesus so lank uitgesluit het. Hierdie boodskap sal sy werk doen. Toe dit die eerste maal verkondig is, het dit baie daartoe gebring om hulle harte te ondersoek. Sondes is bely, en orals het daar opwekking gekom onder die volk van God. Byna almal het geglo dat die bookskap die “groot stem” van die derde engel sou word. Maar toe hulle sien dat daar nie ‘n groot werk binne ‘n kort tydjie verrig is nie, het baie nie meer die uitwerking van die boodskap gevoel nie. Ek het gesien dat hierdie boodskap nie sy werk binne ‘n paar kort maande sou verrig nie. Dit is bedoel om die volk van God wakker te skud, om hulle afvalligheid aan hulle te toon en hulle tot bekering te bring, sodat Jesus hulle kan begunstig met Sy teenwoordigheid en hulle geskik gemaak kan word vir die groot stem van die derde engel. Namate die boodskap in die hart gewerk het, het dit die mense gelei om hulle voor God te verootmoedig. Engele is in alle rigtings gestuur om ongelowige harte te berei vir die waarheid. Die saak van God het begin vordering maak en Sy volk het hulle toestand besef. As die raad van die Waaragtige Getuie aangeneem sou gewees het, sou God met groot krag vir Syvolk gewerk het. Maar nogtans is die pogings wat gemaak is sedert die boodskap gegee is, deur God geseën en baie siele is uit die duisternis tot die waarheid gebring.UG1 218.3

    Die Here sal Sy volk op die proef stel. Jesus handel geduldig met hulle en Hy sal hulle nie dadelik uit Sy mond spuug nie. Die engel het aan my gesê, “God is besig om Sy volk te weeg.” As die boodskap van so ‘n korte duur was as baie gereken het, sou daar geen tyd vir die volk gewees het om hulle karakters te ontwikkel nie. Baie het op gevoel gehandel en nie uit geloof nie, en hierdie onrusbarende boodskap het hulle opgewek. Dit het op hulle gevoelens gewerk en by hulle vrees aangejaag, maar dit het nie die werk verrig wat God bedoel het nie. God lees die hart. En sodat Sy volk nie bedrieg sal word aangaande hulle toestand nie, gee Hy hulle tyd dat die opwinding kan afneem, en daara stel Hy hulle op die proef om te sien of hulle die raad van die Waaragtige Getuie sal aanneem.UG1 219.1

    Die Here lei Sy volk stap vir stap voort. Hy lei hulle tot verskillende stadiums wat sal openbaar wat in hulle harte is. Sommige staan by die een stadium vas, maar by die volgende val hulle. By elke stadium word die hart steeds deegliker getoets. As diegene wat onder die naam gaan van Gods volk voel dat hulle hart teen die boodskap gekant is, behoort dit hulle te oortuig dat daar werk vir hulle te doen is om te oorwin as hulle nie wil hê dat die Here hulle uit Sy mond sal spuug nie. Die engel het gesê: “God sal Sy werk steeds nader en nader bring om elkeen van Sy volk op die proef te stel.” Sommige neem die een punt aan, maar as die ander toetse kom dan deins hulle daarvoor terug, omdat hulle vind dat dit een van hulle geliefkoosde afgodjies raak. Hier het hulle die geleentheid om te sien wat dit is wat Jesus uit hulle harte uitsluit. Daar is dinge wat hulle meer waardeer as die waarheid, en hulle harte is nie gereed om Jesus te ontvang nie. Persone word vir ‘n hele tydjie getoets om te sien of hulle hulle afgode sal laat vaar en die raad van die Waaragtige Getuie sal aanneem. As iemand nie gereinig wil word deur geloof van die waarheid nie, en sy selfsug, hoogmoed, en bose drifte wil opgee nie, word daar aan die engele van God gesê “Hy is gekoppel aan die afgode: laat hom staan!” en dan gaan die engele nader en hulle laat diegene wat nie hulle sondige neigings oorwin het nie oor aan die bose engele. Diegene wat die toetse een vir een deurmaak en oorwin, al kos dit hulle ook wat, het geluister na die raad van die Waaragtige Getuie; op hulle sal die laat reëns uitgestort word en sodoende sal hulle geskik gemaak word vir die verheerliking.UG1 220.1

    God stel Sy volk in hierdie wêreld op die proef. Dit is die plek waar hulle berei word om in Sy teenwoordigheid te kan staan. Hier in hierdie wêreld en in hierdie laaste dae, sal mense toon watter mag hulle hart regeer en wie hulle dade beheers. As dit die krag van die goddelike waarheid is, sal dit goeie werke as gevolg hê. Dit sal die persoon wat die waarheid aangeneem het ophef, edel en gulhartig maak soos sy Here. Maar as bose engele die hart beheers, sal dit op verskillende maniere blyk. Selfsug, gierigheid, hoogmoed en bose drifte sal die vrugte van die lewe wees.UG1 220.2

    Die menslike hart is bedrieglik bo alle dinge, ja verdorwe is dit. Die geveinsdes is nie gewillig om hulleself deeglik te ondersoek om te sien of hulle in die waar-heid is nie, en dis ‘n onrusbarende feit dat baie op ‘n valse hoop steun. Sommige steun op hulle ervarings van jare gelede, maar as dit tyd is vir selfondersoek en almal van nuwe ervarings behoort te getuig, het hulle niks te sê nie. Hulle dink dat ‘n blote belydenis van die waarheid hulle kan red. Maar as hulle die sondes wat God haat, oorwin, sal Jesus inkom en saam met hulle maaltyd hou, en hulle met Hom. Dan sal hulle goddelike krag van Jesus ontvang, hulle sal in Hom opwas en in staat wees om te kan getuig: “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.” Dit sou die Here meer behaag het as die loue belyers van die godsdiens nooit Sy naam op hulle lippe geneem het nie. Hulle is steeds soos ‘n remskoen vir diegene wat Jesus graag getrou wil navolg. Hulle is ‘n hindernis vir ongelowiges, en die bose engele verbly hulle oor hulle en tart gedurig die engele van God uit oor hulle verdraaide weg. Sulke mense is ‘n vloek vir die saak van God, tuis en in die buiteland. Hulle kom tot God met hulle lippe, maar hulle harte is ver van Hom af.UG1 221.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents