Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ontvang om Mee te Deel

    As ons lewe in hierdie wêreld heeltemal aan Christus toegewy is, sal dit ‘n lewe van daelikse oorgawe wees. Hy sal ons vrywillige dienste he, en elke siel sal vir Hom soos ‘n juweel wees. As ons ons susters onder die indruk kan bring van die goed wat hulle kan doen deur Christus, sal daar ‘n groot werk gedoen word. As ons die verstand en die hart kon wakker maak om saam te werk met die goddelike Werker, sal ons deur sulke werk groot oorwinnings behaal. Maar dan moet ons self op die agtergrond stel en Christus moet as die Werker gesien word.UG1 124.3

    Daar moet ‘n afwisseling wees van ontvang en gee — ‘n ontvangs en ‘n mededeling. Dit sal ons verbind met God as medewerkers. Dit is die lewenswerk van die Christen. Hy wat sy lewe opoffer sal dit vind.UG1 124.4

    Ons kapasiteit vir die ontvangs van die heilige olie van die twee olyfbome sal vergroot word namate die ontvanger deur woord en daad die heilige olie meedeel om in die behoeftes van ander te voorsien. Om gedurig te ontvang en gedurig te gee, beteken werk — bevredigende werk.UG1 124.5

    Ons het daeliks nuwe voorrade nodig, en hoeveel siele kan ons nie help deur aan hulle die olie mee te deel nie! Die hemel wag op kanale waardeur die heilige olie kan vloei tot seen en vreugde van ander. Daar bestaan geen vrees dat enigeen ‘n mislukking van die werk sal maak solank hy maar een is met Christus nie. As Christus in ons is, sal ons gedurig goeie werk doen wat bestendig sal wees. Die goddelike volheid sal deur die toegewyde menslike werktuig vloei tot ander.UG1 125.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents