Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwaardes van Aanneemlike Diens

    As ‘n volk, moet ons nader aan God kom. Ons het die lig van die hemel nodig om ons harte en verstand te bestraal; ons het die wysheid nodig wat God alleen kan gee as ons die boodskap met sukses na die stede wil neem. Laat ons gemeentes orals regstaan. Laat diegene wat hulleself by die doop oorgegee het om vir die diens en heerlikheid van God te leef, nie weer terugtrek nie. Daar is ‘n wêreld wat gered moet word; laat hierdie gedagte ons aanspoor tot groter opofferings en groter pogings vir diegene wat afgedwaal het.UG1 106.1

    As u die beginsels van die Woord van God uitleef, sal u invloed vir enige kerk of organisasie van groot waarde wees. U moet tot hulp van die Here kom teen die magtige vyand. Alle ydel woorde, alle ligsinnigheid en oppervlakkigheid, is lokmiddels van die vyand om u van geestelike krag te ontroof. Span uself in om hierdie euwels in die naam van die God van Israel te beveg. As u uself voor God sal verootmoedig, sal Hy u ‘n boodskap gee vir diegene op die paaie en in die lanings, en vir dié in vreemde lande, wat u hulp nodig het. Maak reg u lampe en hou hulle aan die brand, sodat u, waar u ook mag wees, deur woorde en dade u lig kan laat skyn.UG1 106.2

    As ons onsself aan die Here sal gee vir diens, sal Hy ons leer wat om te doen. As ons in die regte verhouding tot Hom staan, sal Hy saamwerk met ons. Moenie toelaat dat ons so deur self en eiebelang in beslag geneem word dat ons diegene sal vergeet wat besig is om die leer van Christelike ervaring bestyg, en wat ons hulp nodig het nie. Ons moet gereedstaan om die talente wat God ons gegee het in Sy werk te gebruik, bereid om geskikte woorde te spreek — woorde wat tot hulp en seen sal strek.UG1 106.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents