Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Luister na die Stem van God

    As die Woord verkondig word, moet u onthou, broeders, dat u luister na die stem van God deur Sy afgevaardigde dienskneg. Luister aandagtiglik. Moenie vir een oomblik slaap nie, want hierdeur mag u die woorde mis wat u die meeste nodig het — juis die woorde wat u van dwaling sal red as u hulle gehoorsaam. Satan en sy engele is besig om die sintuie te verstomp sodat die vermanings, waarskuwings, en teregwysings nie gehoor sal word nie; of as dit gehoor word sal dit geen uitwerking op die hart he en ‘n hervorming in die lewe teweegbring nie.UG1 53.3

    Somtyds mag ‘n klein kind die aandag van die hoorders so aftrek dat die kosbare saad nie in goeie grond val en vrugte voortbring nie. Soms is daar jongmense wat so min eerbied vir die huis en diens van God het dat hulle gedurig sit en praat in die diens. As hulle kon sien hoedat die engele van God na hulle kyk, en oplet wat hulle doen, sou hulle hulleself vreeslik skaam en verfoei. God wil aandagtige hoorders hê. Dit is toe die mense geslaap het dat Satan die onkruid gesaai het.UG1 53.4

    By die uitspreking van die seen, behoort almal nog stil te wees, asof hulle bang is om die vrede van Christus te verloor. Laat almal uitgaan sonder gedrang of hardop te gesels, onder die indruk dat hulle in die teenwoordigheid van God is en dat Sy oog op hulle rus; hulle moet handel asof hulle in Sy sigbare teenwoordigheid is. Moenie in die sygange vertoef om te gesels nie, sodoende versper u die weg sodat ander nie kan uitgaan nie. Daar moet in die onmiddellike omgewing van die kerk ‘n heilige eerbied heers. Dit behoort nie te dien as die plek waar ons ons vriende ontmoet nie, of as geselsplek of die plek waar besigheid bespreek word nie. Hierdie dinge moet buitekant die kerk gedoen word. Die Here en die engele word onteer deur die onverskillige, luidrugtige geselsery en die rondtrappery wat op sommige plekke gehoor word.UG1 54.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents