Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Dink aan die Sabbat

    Reeds aan die begin van die vierde gebod sê die Here, “Dink aan die Sabbatdag.” Hy het geweet dat die mens, in die gedrang van die baie sorge en moeilikhede, geneig sou wees om homself te verskoon van die voile nakoming van die eise van die wet, en dat hy die heiligheid daarvan uit die oog sou verloor. Daarom het Hy gesê, “Dink aan die Sabbatdag, dat jy die heilig.” Exod. 20: 8.UG1 36.1

    Gedurende die hele week moet ons aan die Sabbat dink, en klaar maak om dit te vier volgens die gebod. Ons moenie die Sabbat as ‘n blote wettiese verpligting beskou nie. Ons behoort die geestelike verband daarvan met al die besighede van die lewe te besef. Almal wat die Sabbat beskou as ‘n teken tussen hulle en God, en toon dat Hy die God is wat hulle heilig, sal die beginsels waarop Sy regering rus reg verteenwoordig. In hulle daelikse lewe sal hulle die wette van Sy koninkryk uitleef. Hulle sal daeliks bid dat die heiligmaking van die Sabbat op hulle mag rus. Hulle sal daeliks die gemeenskap van Christus geniet, en die volmaaktheid van Sy karakter tentoonstel. Elke dag sal hulle hulle lig voor ander laat skyn deur hulle goeie werke.UG1 36.2

    In alles in verband met Gods werk moet die oorwinning eers in die huislike lewe behaal word. Hier moet die voorbereiding vir die Sabbat begin. Gedurende die week moet die ouers onthou dat die huis ‘n skool is waarin die kinders voorberei word vir die hemel. Laat hulle regte woorde spreek. Daar moet geen woorde gespreek word wat die kinders nie moet hoor nie. Pas op vir ongeduld. Ouers, u moet gedurende die week lewe asof u in die teenwoordigheid van die heilige God is wat die kinders aan u toevertrou het om vir Hom op te lei. Lei die klein gemeentetjie in u huis vir Hom op, sodat almal op die Sabbatdag voorberei kan wees om in die huis van die Here te gaan aanbid. Stel u kinders elke more en elke aand voor die aangesig van die Here as Sy deur-bloed-gekoopte erfdeel. Leer hulle dat dit hulle hoogste voorreg en plig is om die Here lief te hê en te dien.UG1 36.3

    Ouers moet daarop gesteld wees om die godsdiens vir hulle kinders leersaam te maak. Gedeeltes uit die Skrif moet meer dikwels op hulle lippe wees, veral daardie gedeeltes wat die hart voorberei vir geestelike diens. Die kostelike woorde, “Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting” (Ps. 62: 6), behoort dikwels opgesê te word.UG1 37.1

    As ons op hierdie wyse aan die Sabbat dink, sal die stoflike nie die geestelike verdring nie. Geen diens wat op die ses werksdae val, sal dan oorgelaat word vir die Sabbatdag nie. Gedurende die week sal ons liggaamskragte nie so uitgeput word dat ons op die dag waarop die Here gerus en Hom verkwik het, te afgemat sal wees om deel te neem aan Sy diens nie.UG1 37.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents