Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bly in ‘n Gebedstemming

    As die aanbidders die vergaderplek binnegaan, moet hulle met welvoeglikheid stil hulle plekke inneem. As daar ‘n verwarmer in die gebou is, is dit nie fatsoenlik om in ‘n luilekker, sorglose houding daarom te gaan staan nie. Gewone praatjies, gefluister, en gelag, moet nie toegelaat word in die kerk, óf voor óf na die diens nie. Aanbidders moet gekenmerk wees deur ‘n vurige, aktiewe vroomheid.UG1 52.1

    Indien sommige ‘n paar minute moet wag voor die diens begin, laat hulle dan peinsend in ‘n ware, toegewyde stemming verkeer, met die hart tot God opgehef in gebed dat die diens tot spesiale seën mag strek tot hulleself, en dat siele tot oortuiging en bekering gelei mag word. Hulle moenie vergeet nie dat daar hemelse boodskappers teenwoordig is in die huis van God nie. Deur ons rusteloosheid en deur nie oorpeinsing in stille gebed aan te moedig nie, mis ons baie van die heerlike gemeenskap met God. Ons moet ons geestelike toestand dikwels in oënskou neem en ons hart na die Son van Geregtigheid wend.UG1 52.2

    As die mense, wanneer hulle die huis van God binnegaan, ware eerbied vir die Here in hulle hart het, en onthou dat hulle in Sy teenwoordigheid is, sal daar in die stilte groot stigting wees. Die gefluister, gelag, en gepraat wat in ons gewone omgang sonder sonde mag geskied, behoort nie goedgekeur te word in die huis waar God gedien word nie. Die gemoed moet in ‘n stemming gebring word waar dit Gods Woord kan hoor, sodat die Woord gewig kan hê en die nodige indruk op die hart kan maak.UG1 52.3

    As die predikant binnekom, moet dit met ‘n waardige, plegtige houding wees. Sodra hy die preekstoel bereik, moet hy neerkniel in stille gebed, en God ernstig om hulp vra. Watter indruk sal dit nie maak nie! Die gemeente sou met ontsag en eerbied besiel word. Hulle predikant soek gemeenskap met God; hy stel homself in Gods hande voordat hy durf voor die gemeente staan! ‘n Plegtige stemming kom oor almal, en engele van God is daar. Al die gemeentelede wat God vrees, moet ook met geboë hoof saam met die leraar bid dat God in die vergadering teenwoordig mag wees, en Sy waarheid deur menslike lippe verkondig, sal bekragtig.UG1 53.1

    By die aanvang van die diens met gebed, moet elke knie voor die Heilige God buig, en elke hart moet opgehef word in stille aanbidding. Die gebede van getroue aanbidders sal verhoor word, en die prediking van die Woord sal nie sonder uitwerking wees nie. Die lustelose houding van die aanbidders in die huis van God is een vemame rede waarom die bediening nie tot groter seen strek nie. Die melodie van liedere uit vele monde wat die woorde duidelik uitspreek, is een van die werktuie van God tot die redding van siele. Die hele diens moet met vrees en ontsag voortgesit word, onder die indruk dat die Meester self daar teenwoordig is.UG1 53.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents