Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Mensehande en die Wiele

    Vir die profeet was die wiel binne-in ‘n wiel, en die lewende wesens by die wiele, vreemd en onverstaanbaar. Maar die hand van die Alwyse is tussen die wiele gesien, met die gevolg dat daar volkome orde en eenstemmigheid was. Elke wiel wat deur die hand van God gerig word, is in volkome ooreenstemming met die ander wiele. Aan my is getoon dat menslike werktuie soms geneig is om na te veel mag te gryp en die werk alles self te wil bestuur. Die Here God, die magtige Werker word te dikwels buiterekening gelaat; hulle vertrou Hom nie met alles in verband met die werk nie. Niemand moet ooit vir een oomblik dink dat hy bevoegd is om die sake van die Groot EK IS te bestuur nie. In Sy voorsienigheid het God dit so beskik dat die werk deur menslike werktuie gedoen moet word. Laat elke man dus op sy pos staan en besef dat God sy leermeester is.UG1 129.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents