Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sabbat in die Huis

    Laat die lede van die gesin, voor die son ondergaan, saamkom om Gods Woord te lees, te sing en te bid. In hierdie opsig is daar hervorming nodig, want baie het agtelosig geword. Ons behoort aan God belydenis te doen. On behoort van nuuts af te begin en spesiale voorsorg te maak sodat elke lid van die gesin berei kan wees om die dag wat God geseën en geheilig het te eerbiedig.UG1 39.3

    Moenie die kosbare ure van die Sabbat in die bed deurbring nie. Op Sabbatmorens behoort die lede van die gesin vroeg op te staan. As hulle laat opstaan, is daar altyd ‘n gejaag en verwarring om klaar te maak vir ontbyt en die Sabbatskool. Almal is gewoonlik haastig en ongeduldig met die gevolg dat daar onheilige gevoelens in die huis ontstaan. Die Sabbat, op hierdie manier ontheilig, word dan ‘n las, en in plaas dat daar in liefde uitgesien word na sy koms, word dit veeleer gevrees.UG1 39.4

    Ons moet nie vir die Sabbat ‘n groter eetmaal, met ‘n groter verskeidenheid van kos klaarmaak as vir ander dae nie. In plaas daarvan behoort die kos eenvoudig te wees, en minder moet geëet word, sodat die verstand helder en lewendig kan wees om geestelike dinge te besef. Om te ooreet benewel die brein. Die kostelikste woorde mag gehoor en nie gewaardeer word nie, omdat die verstand benewel is deur ‘n verkeerde diëet. Deur hulle op die Sabbat te ooreet, is daar vele wat God meer onteer as wat hulle dink.UG1 39.5

    Hoewel kokery op die Sabbat vermy moet word, is dit nie nodig om koue kos te eet nie. As die weer koud is, kan die kos wat die vorige dag berei is, opgewarm word. Maak die maaltye, hoewel eenvoudig, smaaklik en aantreklik. Maak iets wat as ‘n lekkerny beskou sal word, iets wat die gesin nie elke dag kry nie.UG1 40.1

    Laat die kinders deelneem aan die huisgodsdiens. Laat almal hulle Bybels bring, en elkeen een of twee tekste lees. Sing daarna ‘n welbekende lied en sluit met gebed. In hierdie opsig het Christus ons ‘n modelgebed gegee. Die “Onse Vader” is nie bedoel om as blote vorm opgesê te word nie, maar dis ‘n voorbeeld van wat ons gebede behoort te wees — eenvoudig, ernstig, en veelomvattend. Maak u behoeftes aan die Here bekend deur ‘n eenvoudige gebed, en betuig u dank vir Sy seëninge. Op hierdie manier nooi u Jesus om ‘n welkome gas in u hart en huis te wees. By die huisgodsdiens is lang gebede in verband met dinge wat nie van onmiddellike belang is nie, onvanpas. Hulle maak die uur van gebed vervelend waar dit as ‘n voorreg en seën moet beskou word. Maak die tydjie van gebed belangwekkend en vreugdevol.UG1 40.2

    Die Sabbatskool en die nadiens neem nie die hele Sabbat in beslag nie. Die deel wat oorbly vir die gesin kan die beste en heiligste gemaak word van al die Sabbatsure. Die grootste gedeelte van hierdie tyd behoort die ouers met hulle kinders deur te bring. In baie gesinne word die jonger kinders aan hulleself oorgelaat, om hulleself te vermaak so goed as hulle kan. As kinders alleen gelaat word, word hulle gou woelig, en begin hulle te speel, of vang die een of ander kattekwaad aan. Op hierdie wyse deurgebring, het die Sabbat vir hulle geen heilige betekenis nie.UG1 40.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents