Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Onderrig in Gesondheidsbeginsels

    Groter pogings moet anagewend word om die volk te onderrig in die beginsels van gesondheidshervorming. Kookinrigtings moet opgerig word, en van huis tot huis moet onderrig gegee word in die kuns om gesonde voedsel voor te berei. Oud en jonk behoort te leer om eenvoudiger te kook. Waar die waarheid ookal verkondig word, moet die mense geleer word hoe om voedsel op ‘n eenvoudige, dog smaaklike wyse, te berei. Hulle moet daarop gewys word dat voedsame geregte berei kan word sonder die gebruik van vleis.UG1 77.1

    Leer die mense dat dit beter is om te weet hoe om gesond te bly as om te weet hoe om kwale te genees. Ons dokters moet wyse leermeesters wees wat almal moet waarsku teen selfbevrediging, en wat daarop moet wys dat onthouding van dinge wat God verbied het, die enigste manier is om die verwoesting van verstand en liggaam te voorkom. Baie takt en oorleg moet aan die dag gelê word in die bereiding van voedsame kos wat die eertydse diëet moet vervang van diegene wat graag gesondheidshervormers wil word. Geloof in God, erns, en ‘n gewilligheid om ander te help, is die vereistes. ‘n Diëet waarin die nodige voedingsbestanddele ontbreek, bring die saak van gesondheidshervorming in onguns. Ons is sterflik, en moet onsself voorsien van voedsel wat die liggaam behoorlik sal voed.UG1 77.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents