Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Aankweking van Eerbied by die Kinders

    Ouers, verhef die Christelike godsdiens in die harte van u kinders; help hulle om Jesus by hulle te hê in al hulle ervarings; leer hulle om die grootste eerbied te koester vir die huis van God, en om te besef dat wanneer hulle Gods huis binnegaan, dit moet geskied met harte wat teer en gestig is deur gedagtes soos die volgende: “God is hier; dit is Sy huis. My gedagtes moet rein wees en my motiewe moet heilig wees. Ek moet nie hoogmoedig, nydig, of jaloers wees nie, kwaad dink nie, haatdraend wees nie, of bedrog in my hart koester nie; want ek begeef my in die teenwoordigheid van die heilige God. Dit is die plek waar God Sy volk ontmoet en seen. Die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon sien op my en deursoek my hart, en lees die diepste gedagtes en dade van my lewe.”UG1 54.2

    Broeders, sal u nie ‘n bietjie aandag aan hierdie onderwerp skenk nie, en let op u eie gedrag in die huis van God nie, en uself afvra watter pogings u deur gebod in voorbeeld aanwend om eerbied by u kinders aan te kweek nie? U plaas groot verantwoordelikhede op die predikant en hou hom aanspreeklik vir die siele van u kinders, maar u besef nie u eie verantwoordelikheid as ouers en onderwysers om soos Abraham aan u huis ná u bevel te gee dat hulle die insettinge van die Here moet bewaar nie. U seuns en dogters is verdorwe deur u eie voorbeeld en laksheid; en nieteenstaande hierdie laksheid in hulle huislike opvoeding, verwag u dat die predikant u daelikse verkeerde voorbeeld moet teenwerk en ‘n wonderwerk moet verrig om u kinders op te lei in die weg van deugsaamheid en vroomheid. Na die predikant alles wat hy kan vir die kerk gedoen het deur getroue, liefdevolle vermanings, geduldige dissipline, en vurige gebede om siele te red, tog nie daarin slaag nie, word hy dikwels deur vaders en moeders geblameer omdat hulle kinders nie bekeer is nie, wanneer dit al die tyd die gevolg is van hulle eie nalatigheid. Die plig rus op die ouers; en sal hulle die werk aanvaar wat God aan hulle toevertrou het, en dit getrou uitvoer? Sal hulle voorwaarts en hemelwaarts beur op ‘n nederige, geduldige, volhardende wyse, om self ‘n hoër peil te bereik, en hulle kinders saam met hulle te voer?UG1 55.1

    Dit is geen wonder dat ons gemeentes swak is en nie daardie diepe, ernstige vroomheid besit wat hulle behoort te he nie. Ons teenswoordige gewoontes en gebruike wat God onteer en die heilige hemelse dinge verlaag tot die peil van die alledaagse, getuig teen ons. Ons besit ‘n heilige, toetsende, heiligmakende waarheid; en as ons gewoontes en praktyke nie in ooreenstemming met die waarheid is nie, sondig ons teen die lig en is ons in daardie mate skuldig. Dit sal in die oordeel van God verdraagliker vir die heidene wees as vir ons.UG1 55.2

    Daar kan ‘n baie groter werk gedoen word as wat ons nou doen om die lig van die waarheid te versprei. God verwag dat ons baie vrugte sal dra. Hy verwag groter ywer en getrouheid, meer liefdevolle en ernstige pogings deur indiwiduele lede van die kerk vir hulle bure en vir diegene wat sonder Christus is. Ouers moet hulle werk begin op ‘n hoër basis. Almal wat die naam van Christus noem, moet die hele wapenrusting aandoen, en smeek, en waarsku en soek om siele van die sonde te red. Bring almal saam wat u kan om te kom luister na die waarheid in die huis van God. Ons moet veel meer doen as wat ons tans doen om siele uit die vuur te ruk.UG1 55.3

    Dis maar te waar dat eerbied vir Gods huis byna uitgesterf het. Heilige dinge en plekke word nie meer inaggeneem nie; die verhewe en heilige word nie meer op prys gestel nie. Is daar nie ‘n oorsaak vir die gebrek aan ernstige vroomheid onder ons gesinne nie? Is dit nie omdat die vaandel van godsdiens in die stof gesleep word nie? God het volmaakte noukeurige reëls vir die eredienste aan Sy volk vanouds gegee. Het Sy karakter verander? Is Hy nie die grote en magtige God wat in die hoogste hemele regeer nie? Sal dit nie vir ons goed wees om die voorskrifte wat God Homself aan die Hebreeuse volk gegee het, dikwels te lees nie, sodat ons wat deur die lig van die heerlike waarheid bestraal word, die eerbied wat hulle vir die huis van God gehad het, mag nastreef nie? Ons het baie rede om ‘n vurige, toegewyde gees te toon in ons aanbidding van God. Ons het rede om nog meer bedagsaam en eerbiedig te wees in ons aan-bidding as die Jode was. Maar ‘n vyand was aan die werk om ons geloof in die heiligheid van die Christelike erediens te vernietig.UG1 56.1

    Die plek wat aan die diens van God toegewy is behoort nie ‘n plek te wees waar wêreldse besigheid afgehandel word nie. As kinders saamkom om God te aanbid in ‘n kamer wat gedurende die week as ‘n skoolof pakkamer dien, sal hulle meer as menslik wees as hulle nie, wanneer hulle trag om oor heilige dinge te dink, ook aan hulle studie en dinge wat gedurende die week gebeur het, dink nie.UG1 56.2

    Die opvoeding en vorming van die jeug behoort van so ‘n aard te wees dat dit heilige dinge sal verhef, en by hulle ware eerbied vir die huis van God sal inboesem. Baie wat bely dat hulle kinders van die hemelse Koning is, het nie ‘n regte besef van die heiligheid van die ewige dinge nie. Byna almal moet geleer word hoe hulle hulle moet gedra in die huis van God. Ouers moet nie alleen hulle kinders leer nie, maar ook gebied om die heiligdom op ‘n nugtere en eerbiedige wyse binne te tree.UG1 56.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents