Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SES—GEDRAG IN GODS HUIS

    (Deel V, bls. 491-500.)

    VIR die nederige gelowige siel, is die huis van God op aarde die poort van die hemel. Die loflied, die gebed, en die woorde van Christus se verteenwoordigers, is werktuie wat God daargestel het om ‘n volk te berei vir die kerk daarbo, vir daardie hoëre aanbidding waarin niks wat besoedel sal inkom nie.UG1 51.1

    Uit die heiligheid wat aan die aardse heiligdom verbonde was, mag Christene leer hoe hulle die plek waar die Here Sy volk ontmoet, behoort te beskou. Daar het ‘n groot verandering ingetree in die gewoontes van die volk ten opsigte van hulle eredienste —', n verandering nie ten goede nie, maar ten kwade. Die kosbare, die heilige dinge wat ons met God verbind, verloor spoedig hulle plek in ons harte en gedagtes, en hulle word tot die peil van die gewone alledaagse dinge gebring. Die eerbied wat die volk van ouds gekoester het vir die heiligdom waar hulle God ontmoet en gedien het, het vandag grootliks verdwyn. En dit nieteenstaande die feit dat God Self die vorm van die erediens ingestel het en dit hoog verhef het bo alles wat van ‘n tydelike aard is nie.UG1 51.2

    Die heiligdom van die gesin is die huis, en die binnekamer of die veld is die stilste plekkie vir persoonlike godsdiensoefening; maar die kerk is die heiligdom van die gemeente. Daar behoort reëls te wees wat die tyd, plek, en die wyse van aanbidding vasstel. Niks wat heilig is, niks wat die aanbidding van God betref, moet op ‘n traakmyagtige, onverskillige wyse behandel word nie.UG1 51.3

    Om die mens in staat te stel om sy beste te lewer in verband met sy aanbidding van God, behoort sy omgewing van so ‘n aard te wees dat hy in sy hart die heilige dinge apart kan hou van die alledaagse. Diegene wat n ruime blik en edele gedagtes en strewe het, is gewoonlik die wat omgaan met diegene wat hulle gedagtes oor goddelike dinge verhef. Gelukkig is diegene wat ‘n heiligdom het, of dit nederig of verhewe is, of dit in die stad of in die ru berggrotte, of in ‘n nederige woning of in die woestyn is. As dit die beste plek is wat hulle vir die Meester kan vind, sal Hy die plek heilig met Sy teenwoordigheid, en dit sal aan die Here van die leërskare heilig wees.UG1 51.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents