Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK AGT—CHRISTUS IN DIE HELE BYBEL

    (Deel VI, bls. 392, 393.)

    DIE mag van Christus, die gekruisigde Heiland, om die ewige lewe te gee, behoort aan alle mense verkondig te word. Ons behoort hulle daarop te wys dat die Ou Testament, in sy tipes en skaduwees, net so gewis die Evangelie bevat, as die Nuwe Testament in sy openbaarmakende krag. Die Nuwe Testament openbaar nie ‘n nuwe godsdiens nie; die Ou Testament bevat nie ‘n godsdiens wat deur die Nuwe vervang word nie. Die Nuwe Testament is slegs die ontwikkeling en openbaarmaking van die Ou Testament. Abel was ‘n gelowige in Christus, en is net so gewis deur Sy krag gered as Petrus of Paulus.UG1 68.1

    Henog was ‘n verteenwoordiger van Christus net so gewis as Johannes. Henog het met God gewandel; en hy was nie meer nie, want God het hom weggeneem. Aan hom is die boodskap van die tweede koms van Christus toevertrou. “En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met Sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal.” Judas 14, 15. Die boodskap wat deur Henog verkondig is, en sy hemelvaart, was ‘n oortuigende argument vir almal wat in sy tyd geleef het. Dit was ‘n argument wat Metusalag en Noag met krag kon gebruik om te bewys dat die regverdiges na die hemel geneem kon word.UG1 68.2

    Die God wat met Henog gewandel het, was onse Here en Heiland, Jesus Christus. Hy was destyds die lig van die wêreld net soos nou. Diegene wat destyds geleef het, was nie sonder leraars om hulle te onderrig op die lewenspad nie; want Noag en Henog was Christene. In Levitikus het ons die voorskrifte van die Evangelie. Net soos destyds, word daar nou ook stipte gehoorsaamheid geëis, Hoe noodsaaklik is dit nie dat ons die belangrikheid van hierdie Woord sal besef!UG1 68.3

    Daar word gevra, Wat skeel die kerk? Die antwoord is, Ons laat toe dat ons harte van die Woord afgetrek word. As ons die Woord van God sou eet as voedsel vir die siel; as dit met respek en eerbied behandel sou word, sou dit onnodig wees om die menigte en herhaalde getuienisse te gee; die eenvoudige verklarings van die Skrif sou aangeneem en gehoorsaam gewees het.UG1 69.1

    * * * * *

    Sy lewende voorskrifte is soos die blare van die boom van die lewe wat vir die genesing van die nasies is.UG1 69.2

    * * * * *

    Die Woord van die lewende God is nie slegs geskryf nie, maar ook uitgespreek. Die Bybel is die stem van God wat met ons praat, net so gewis asof ons dit met ons ore hoor. As ons dit besef, met watter ontsag sal ons nie Gods Woord open nie, en met watter erns sal ons dit nie ondersoek nie! Ons sal die lees en oordenking van die Skrifte beskou as ‘n onderhoud met die Ewige God.UG1 69.3

    * * * * *

    Wanneer Satan met sy voorstellings ‘n indruk op ons hart wil maak, mag ons, as ons ‘n “so sê die Here” het, veilig by die Allerhoogste skuil.UG1 69.4

    * * * * *

    Baie slaag nie daarin om hulle heilige Voorbeeld na te volg nie, omdat hulle so sleg vertroud is met die karakter van Christus. So baie is opgenome met ywerige planne, altyd besig, en daar is geen tyd of plek vir die dierbare Heiland as ‘n intieme, liefdevolle metgesel nie. Hulle raadpleeg Hom nie aangaande elke gedagte of daad met die vraag: “Is dit die weg van die Here?” As hulle dit sou doen, sou hulle ook met God wandel soos Henog.UG1 69.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents