Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ons Lofliedere Word Aangevul Deur die Hemelse Koor

    Die kerk van God hier benede is een met die kerk van God daarbo. Gelowiges hier op aarde, en die wesens in die hemel wat nooit gesondig het nie, maak één kerk uit. Elke hemelse wese stel belang in die samekomste van die heiliges op die aarde om God te aanbid. In die binneste voorhof van die hemel luister hulle na die getuienisse vir Christus in die buitenste voorhof — die aarde, en die lof en danksegging van die aanbidders hier benede word opgeneem in die hemelse lied, en lof en blydskap weerklink deur die hemelse howe omdat Christus nie tevergeefs gesterf het vir die gevalle seuns van Adam nie. Terwyl die engele uit die bron self drink, drink die heiliges van die aarde van die heldere strome wat van die troon vloei, die strome wat die Godstad blymaak.UG1 48.3

    O, dat almal mag besef hoe naby die hemel aan die aarde is! Onbewus daarvan het die aardbewoners engele van die lig as metgeselle. ‘n Engel beskerm elke siel wat leef, soekende om daardie siel tot Christus te lei. Solank as daar hoop is — selfs totdat mense die Heilige Gees tot hulle ewige verderf weerstaan, word hulle beskerm deur hemelse wesens. Laat ons dit almal onthou, dat daar by elke byeenkoms van die heiliges hier benede, engele van God is wat luister na die getuienisse, liedere, en gebede. Laat ons onthou dat ons lofliedere aangevul word deur die kore van engelskare daarbo.UG1 49.1

    Waar u dan van Sabbat tot Sabbat bymekaarkom, sing lofliedere aan Hom wat u uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig. Laat die aanbidding van die hart uitgaan tot Hom wat ons liefgehad het, en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed. Laat die liefde van Christus die hoofonderwerp wees van die prediker. Laat dit uitkom in eenvoudige taal in elke loflied. Laat die Gees van God die woorde van u gebede in u mond lê. Waar die Woord van die lewe verkondig word, laat u hartlike beaming daarvan getuig dat u dit aanneem as ‘n boodskap uit die hemel. Ek weet dat dit baie ouderwets sal klink, maar dit sal ‘n dankoffer aan God wees vir die brood van die lewe wat aan ‘n hongerige siel gegee is. Hierdie reaksie op die inspirasie van die Heilige Gees sal sterkte aan u eie siel bring en ‘n aanmoediging vir ander wees. Dit sal ten minste getuig dat daar in Gods gebou lewende stene is wat hulle lig laat skyn.UG1 49.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents