Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Waarskuwing

    “Toe het Hy die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie: Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het. Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.UG1 135.1

    “En jy, Kapemaum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe. Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.UG1 135.2

    “In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit U welbehae. Alles is aan My oorgegee deur My Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.UG1 135.3

    “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele. Want My juk is sag en My las is lig.” Matt. 11: 20-30.UG1 135.4

    Dit is altyd veilig om nederig, ootmoedig en teerhartig te wees, maar terselfdertyd moet ons so onwrikbaar as ‘n rots staan wat die leer van Christus betref. Sy woord moet stip gehoorsaam word. Nie een van Sy woorde moet uit die oog verloor word nie. Die waarheid bly tot in ewigheid. Ons moenie ons vertroue in leuens of voorwendsels stel nie. Diegene wat dit doen sal eindelik vind dat hulle die ewige lewe as gevolg verbeur het. Ons moet nou reguit paaie maak vir ons voete sodat die kreupeles nie uitval nie. As die swakkes die veilige pad verlaat, wie se skuld is dit anders as diegene s’n wat hulle verlei het? Hulle het die raad van Hom wie se woorde die ewige lewe is, verontagsaam vir leuenagtige woorde wat hulle oorsprong het in die vader van die leuens.UG1 135.5

    Ek het ‘n waarskuwing vir almal wat meen dat hulle veilig is om hulle opvoeding op Battle Creek te kry. Die Here het twee van ons grootste inrigtings op Battle Creek uitgedelg, en Hy het ons herhaaldelik gewaarsku soos Hy Kapernaum en Betsaida gewaarsku het. Dit is noodsaaklik om ernstig te let op elke woord wat deur die mond van God gespreek is. Niemand kan die woorde van Christus verontagsaam sonder om te sondig nie.UG1 136.1

    Die Heiland dring by die afgedwaaldes aan om hulle te bekeer. Diegene wat hulle harte verootmoedig en hulle sondes bely, sal vergewe word. Maar die man wat dink dat hy, deur sy sondes te bely, swakheid verraai, sal nie vergifnis ontvang nie; hy sal Christus, sy Verlosser, ook nie sien nie, maar sal voortgaan met sy oortreding, van dwaasheid tot dwaasheid en van sonde tot sonde. Wat sal so iemand doen die dag as die boeke geopen word, wanneer elkeen geoordeel sal word volgens wat daar in die boeke geskryf is?UG1 136.2

    “En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het — kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom, wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van Sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” Openb. 6: 12-17.UG1 136.3

    “Ná hierdie dinge het ek gesien — kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! . . . Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hulle klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in Sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal Sy tent oor hulle opslaan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle lei na lewende waterfonteine, en God sal alle trane van hulle oë afvee.” Openb. 7: 9-17.UG1 136.4

    In hierdie Skrifture sien ons twee groepe mense. Die een groep het hulle oorgegee aan verleiding en hulle aan die kant geskaar van diegene met wie die Here ‘n regsaak het. Hulle het die boodskappe wat aan hulle gestuur is verkeerd opgeneem en hulleself beklee met die kleed van eiegeregtigheid. Sonde was in hulle oë nie sonde nie. Hulle het die leuen as waarheid voorgehou en deur hulle is baie siele verlei.UG1 137.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents