Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Verkondiging van die Boodskap van Huis tot Huis

    Die opdrag aan die dissipels is ook vir ons. ‘n Gekruisigde en verrese Heiland moet vandag, net soos toe, verhoog word voor diegene wat sonder God en sonder hoop is in die wêreld. Die Here vra om herders, onderwysers, en evangeliste. Die reddingsboodskap moet deur Sy diensknegte van huis tot huis verkondig word. Die boodskap van vergifnis deur Christus moet geneem word na alle nasies en stamme en tale en volke.UG1 15.1

    Die prediking van die boodskap moet nie kragteloos en lewenloos wees nie, maar die voordrag moet duidelik, beslis, en opwekkend wees. Honderde wag op die waarskuwing om te vlug vir hulle lewe. Wat die wêreld nodig het, is bewyse in die lewe van die krag van die Christelike godsdiens. Nie slegs op ‘n paar plekke nie, maar oor die hele wêreld is die heilsboodskappers nodig. Uit alle lande word die roepstem gehoor: “Kom oor en help ons.” Rykes en armes, hooggeplaastes en nederiges, roep om lig. Manne en vroue dors na die waarheid soos dit in Jesus is. Wanneer hulle die evangelie hoor, gepreek met krag van omhoog, sal hulle weet dat die tafel vir hulle gedek is, en hulle sal gehoor gee aan die uitnodiging, “Kom, want alles is gereed.” Luk. 14:17.UG1 15.2

    Die woorde, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Mark. 16: 15), is gerig aan elkeen van die navolgers van Christus. Almal wat verkies is tot die lewe in Christus, is verkies om te arbei vir die redding van hulle medemens. Dieselfde verlange wat Jesus gevoel het om die verloregaandes te red, moet by hulle ook wees. Almal kan nie dieselfde posisie beklee nie, maar vir almal is daar ‘n plek en ‘n werk. Almal op wie die seëninge van God uitgestort is, moet gehoor gee deur werklike diens te verrig; elke gawe moet bestee word ter bevordering van Sy koninkryk.UG1 15.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents