Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK SES-EN-VEERTIG—HOE OM BERISPING OP TE NEEM

    (Deel V, bls. 682, 683.)

    “DIEGENE wat deur die Gees van God berispe word, moet hulle nie teen die swak werktuig verset nie. Dit is God, nie die feilbare menslike werktuig, wat gespreek het om hulle van ondergang te red.” Die mens wil nie graag berispe word nie, en dis ook onmoontlik vir die menslike hart, sonder die hulp van die Gees van God, om die nodigheid van bestraffing te besef of die seen te sien wat daaruit sal voortvloei.UG1 282.1

    Namate die mens toegee aan versoeking en hom oorgee aan die sonde, word sy verstand verduister. Sy sedelike sin word heeltemal verswak. Hy veronagsaam die stem van sy gewete en hoor dit byna nie meer nie. Stadigaan verloor hy die vermoë om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is, totdat hy sy verhouding tot God gladnie meer besef nie. Hy mag nog aan die vorm van die godsdiens deelneem en die leerstellings van sy kerk ywerig handhaaf, terwyl die gees daarvan heeltemal ontbreek. Die Waaragtige Getuie beskryf sy toestand as volg: “Jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en nakend is nie.”UG1 282.2

    Wanneer die Gees van God iemand op hierdie wyse bestraf en hom wys op sy werklike toestand, besef hy gewoonlik nie dat die boodskap waar is nie. Maar moet hy daarom die boodskap verwerp? Nee. God het voldoende bewyse gegee, sodat almal wat dit graag wil doen hulleself kan tevrede stel aangaande die waarheid van die Getuienisse; en as hulle aanneem dat die Getuienisse van God is, is dit hulle plig om die bestraffings aan te neem, al besef hulle nie die sondigheid van hulle weë nie. As hulle hulle toestand ten voile sou besef het, sou daar nodigheid gewees het vir die bestraffings? Maar omdat hulle nie hulle toestand besef nie, wys God hulle genadiglik daarop, sodat hulle hulle kan bekeer voordat dit te laat is.UG1 282.3

    “Diegene wat die waarskuwings veronagsaam sal in hulle blindheid gelaat word; maar diegene wat daarop agslaan en hulleself ywerig daarop toelê om hulle sondes te versaak sodat hulle die Christelike deugde kan aankweek, sal op daardie manier hulle harte oopmaak sodat die Heiland by hulle kan kom inwoon.” “Diegene wat die nouste omgang het met God, is hulle wat Sy stem ken wanneer Hy tot hulle spreek. Diegene wat geestelik is, sal geestelike dinge besef, en hulle sal dankbaar wees wanneer die Here hulle op hulle foute wys.”UG1 283.1

    “Dawid het wysheid geleer uit Gods handelinge met hom, en hy het in ootmoed neergebruig onder die bestraffings van die Allerhoogste. Die beskrywing van sy ware toestand deur die profeet Natan, het Dawid onder die indruk van sy sondes gebring en dit het hom gehelp om hom te bekeer. Hy het die bestraffing in ootmoed aanvaar en hom voor die aangesig van God verneder. ,Die wet van die Here is volmaak,’ het hy uitgeroep, ,dit verkwik die siel.’ ”UG1 283.2

    “As julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.” Ons Heiland het gesê: “Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek.” “Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later egter lewer dit ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.” Hoewel die dissipline vir ons bitter mag wees, het die Vader dit in Sy groot liefde oor ons beskik, sodat “ons Sy heiligheid kan deelagtig word”UG1 283.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents