Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Spesiale Werk vir Vrouens

    Vrouens sowel as mans kan ‘n deel hê om die waarheid na plekke te neem waar die krag gevoel sal word. Hulle kan in hierdie krisis hulle plek in die werk inneem en die Here sal deur hulle werk. As hulle deurdring is met ‘n besef van hulle plig en onder die invloed van die Gees van God werk, sal hulle die nodige selfvertroue hê wat in hierdie tyd nodig is. Die Heiland sal op hierdie selfopofferende vrouens die lig van Sy aanskyn laat skyn, en dit sal aan hulle ‘n krag verleen wat dié van die mans sal oortref. In huisgesinne kan hulle ‘n werk doen wat mans nie kan doen nie, ‘n werk wat die innerlike lewe raak. Hulle kan baie naby aan diegene kom wat die mans nie kan bereik nie. Hulle werk is nodig. Versigtige en nederige vrouens kan die waarheid in die huise van die mense verduidelik. Die Woord van God op hierdie wyse verduidelik, sal soos suurdeeg werk, en deur die invloed daarvan sal hele gesinne tot bekering kom.UG1 102.1

    My broeders en susters, maak planne; neem elke geleentheid te baat om met bure en diegene met wie u omgaan, te praat, of om iets vir hulle voor te lees uit boeke wat die teenwoordige waarheid bevat. Toon dat u die redding van die siele vir wie Christus so ‘n groot offer gegee het, van die allergrootste belang ag.UG1 102.2

    In u werk vir verloregaande siele het u die geselskap van engele. Duisende en duisende en tienduisendmaal tienduisend is wagtende om saam te werk met ons kerklede om die lig te bring wat God so mildelik gegee het, sodat daar ‘n volk berei kan word vir die koms van Christus. “Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van verlossing.” Laat elke gesin die aangesig van die Here in alle erns in die gebed soek om hulp ten einde die werk van God te doen.UG1 102.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents