Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Spaarsaamheid

    Daar is behoefte aan spaarsaamheid in elke tak van die werk van die Here. Die natuurlike neiging van die jongmense van ons dae is om spaarsaamheid te versmaaai, en om dit te verwar met suinigheid en engheid. Maar spaarsaamheid is verenigbaar met die ruimste sienswyses en gevoelens; daar kan geen ware gulhartigheid wees sonder spaarsaamheid nie. Niemand behoort te dink dat dit benede hom is om spaarsaam te wees, en die stukkies en brokkies te versorg nie. Na Christus die wonderwerk verrig het, het Hy gesê, “Maak die stukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.”UG1 91.3

    Some word daar geld bestee aan hotelonkoste wat glad onnodig is. Die saak van die Here was so na aan die harte van die baanbrekers van hierdie boodskap dat hulle baie selde by ‘n hotel geëet het, al het dit maar omtrent ‘n sjieling per maaltyd gekos. Maar jong mans en vrouens oor die algemeen word nie geleer om spaarsaam te wees nie; gevolglik is daar orals verkwisting. In sommige gesinne word daar genoeg verkwis om nog ‘n ander gesin te onderhou as daar spaarsaamheid sou beoefen word.UG1 92.1

    As ons jongmense, wanneer hulle op reis is, aantekeninge sou maak van al die geld wat hulle uitgee, sou hulle oë geopen word om al die lekplekke raak te sien. Terwyl dit nie van hulle geverg mag word om sonder warm etes klaar te kom, soos in die geval van die eerste rondreisende werkers, kan hulle tog leer om in hulle behoeftes te voorsien op ‘n goedkoper manier as wat hulle nou doen. Daar is mense wat selfverloëning beoefen ten einde vir die saak van God te kan gee; laat die werkers dan ook selfverloëning beoefen deur hulle onkoste so laag moontlik te hou. Dit sal goed wees vir al ons werkers om die geskiedenis van die Waldense sendelinge te lees, en om hulle voorbeeld in selfopoffering en selfverloëning na te volg.UG1 92.2

    Ons het ‘n groot werk om vir die Meester te doen in die verkondiging van die woord van God aan diegene wat in duisternis en dwaling verkeer. Jong vriende, handel asof julle ‘n heilige roeping het. Julle behoort Bybelondersoekers te wees, altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is. Deur julle opregte Christelike waardigheid moet julle bewys lewer dat julle besef dat julle ‘n waarheid het wat van groot belang is vir diegene wat dit hoor. As hierdie waarheid in die siel is, sal dit ook in die gelaat en houding geopenbaar word, in ‘n kalme, edele selfbeheersing en vrede wat die Christen alleen kan hê.UG1 92.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents