Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK TWEE—DIE BELOOFDE KRAG

    (Deel VIII, bls. 19-23.)

    GOD vra ons nie om die werk wat voorlê in ons eie krag te doen nie. Hy het voorsiening gemaak vir goddelike bystand in elke geval van nood waarteen die menslike vernuf nie opgewasse is nie. Hy gee die Heilige Gees om ons in elke moeilikheid te help, ons hoop en versekering te versterk, ons verstand te verlig, en ons harte te reinig.UG1 18.1

    Net voor Sy kruisiging het die Heiland aan Sy dissipels gesê: “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie.” “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.” “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek, en die toekomstige dinge aan julle verkondig.” “Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat ek vir julle gesê het.” Joh. 14: 18, 16; 16: 13; 14: 26.UG1 18.2

    Christus het voorsiening gemaak sodat Sy kerk ‘n verheerlikte liggaam kan wees, verlig met die hemelse lig en beklee met die heerlikheid van Immanuel. Dit is Sy doel dat elke Christen van ‘n geestelike atmosfeer van lig en vrede sal omring wees. Die nuttigheid van die een wat self verloën en plaas gee aan die werkinge van die Heilige Gees in sy hart, en ‘n lewe voer wat volkome aan God toegewy is, is onbeperk.UG1 18.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents