Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Belangrikheid van Persoonlike Diens

    Ons kerklede behoort meer werk te verrig deur van huis tot huis te gaan, Bybelstudies te gee en leesstof te versprei. ‘n Eweredige en volkome Christelike karakter kan gevorm word alleen wanneer die menslike werktuig dit as ‘n voorreg beskou om onbaatsugtige werk te verrig in die verkondiging van die waarheid, en deur die saak van God te steun met middele. Ons moet langs alle waters saai, ons siele in die liefde van God bewaar, werk terwyl dit dag is, en die middele wat ons gee, gebruik om die plig wat eerste voorhande lê na te kom. Wat ons hande ook vind om te doen, moet ons getrou doen; watter diens ons ookal versoek word om te verrig moet ons opgeruimd uitvoer. Namate ons langs alle waters saai, sal ons besef “Wie volop saai, ook volop [sal] maai.” 2 Kor. 9: 6.UG1 100.4

    Diegene wat voorgee om kinders van Christus te wees moet Sy voorbeeld navolg. Voorsien in die liggaamlike behoeftes van u medemense en hulle dankbaarheid sal die skeidingsmuur afbreek en u in staat stel om hulle harte te bereik. Dink ernstig na oor hierdie saak. As gemeentes, het u geleentheid gehad om te arbei as medewerkers van God. As u die Woord van God gehoorsaam het, as u die werk aanvaar het, sou u geseën en bemoedig gewees het, en sou u ‘n ryke ervaring opgedoen het. As menslike werktuie van God sou u vurige voorstanders gewees het van die reddingsherstellingsen verlossingsplan. Hierdie plan sou ook progressief gewees het, voortgaande van genade tot genade en van krag tot krag.UG1 101.1

    Die Here het die werk wat in ons stede gedoen moet word aan my getoon. Die gelowiges in hierdie stede moet in hulle buurt vir God werk. Hulle moet stil en nederig werk, en orals waar hulle gaan die atmosfeer van die hemel saamdra. As hulle self uit die oog sou verloor en Christus gedurig sou verhef, sou die krag van hulle invloed gevoel word.UG1 101.2

    Dit is nie die doel van die Here dat die grootste gedeelte van die werk om die saad van waarheid te saai aan die predikante sal oorgelaat word nie. Mense wat nie tot die evangeliebediening geroep is, moet vir die Meester werk volgens hulle bekwaamheid. Namate ‘n werker hom onvoorwaardelik oorgee aan die diens van die Here, sal hy ‘n ondervinding opdoen wat hom in staat sal stel om met steeds groter sukses vir die Meester te werk. Die invloed wat hom tot Christus getrek het, sal hom help om ander tot Christus te trek. Dit mag nooit van hom geverg word om as openbare spreker op te tree nie, dog hy is nietemin ‘n dienskneg van God en sy werk getuig dat hy uit God gebore is.UG1 101.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents