Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Gebruik van die Tiendes

    God het spesiale voorskrifte gegee in verband met die gebruik van die tiendes. Dit is nie Gods doel dat Sy werk sal skade ly as gevolg van gebrek aan middele nie. Sodat daar geen verwarring en foute mag kom nie, het Hy ons pligte in hierdie verband baie duidelik omskryf. Die deel wat God vir Homself uitgehou het, moenie gebruik word vir enige ander doel as dié waarvoor Hy dit bestem het nie. Laat niemand voel dat hy die reg het om sy tiendes terug te hou en dit volgens sy eie oordeel te gebruik nie. Hy moet dit nie in tye van nood vir homself gebruik, of dit vir enige ander doel gebruik, al sou dit ook volgens sy mening vir die werk van die Here wees.UG1 141.1

    Die predikant moet deur gebod en voorbeeld aan die mense voorhou dat die tiendes heilig is. Hy moenie dink dat hy, omdat hy ‘n predikant is, dit volgens sy eie oordeel kan gebruik nie. Dit behoort nie aan hom nie. Hy het ook nie die reg om die deel daarvan te neem wat volgens sy mening aan hom behoort nie. Hy moet ook nooit deur sy invloed planne voorstaan waardeur die tiendes en offergawes wat aan God gewy is, vir ander as die wettige doel gebruik word. Alles moet in die skatkis van God gestort word en dit moet heilig wees aan die dienste wat Hy voorgeskryf het.UG1 141.2

    God wil hê dat al Sy rentmeesters die goddelike verordeninge stip sal nakom. Hulle moenie Gods planne verydel deur geld te gee vir die een of ander liefdadigheid, of enige gawe of offerande te gee soos hulle mag goeddunk nie. Dit is ‘n baie onverstandige iets vir die mens om te probeer om die planne van God te verbeter deur ander planne uit te dink en geld te gee vir hierdie of daardie doel en dit dan af te trek van die deel wat God wettiglik toekom nie. God versoek almal om deur hulle invloed Sy plan te ondersteun. Hy het Sy plan bekend gemaak, en almal wat met Hom wil saamwerk, moet hierdie plan uitvoer liewer as om te probeer om daarop te wil verbeter.UG1 141.3

    Die Here het deur Moses die volgende bevel aan Israel gegee: “Jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hê.” Exod. 27: 20. Dit moes ‘n voortdurende offer wees sodat die huis van God behoorlik kon voorsien wees van die nodige dinge vir Sy diens. Vandag ook moet die volk van God onthou dat die kerk die eiendom van die Here is en dat daar met nougesetheid daarvoor gesorg moet word. Maar die geld hiervoor moenie uit die tiendes geneem word nie.UG1 142.1

    Daar is aan my ‘n baie duidelike boodskap gegee vir ons mense. Aan my is opgedra om aan hulle te sê dat hulle ‘n fout begaan deur die tiendes vir verskillende doeleindes te gebruik wat, hoewel hulle almal waardig is, tog nie die doel is waarvoor die tiendes gebruik moet word nie. Diegene wat die tiendes op hierdie wyse gebruik, wyk af van die reëls van die Here. Vir hierdie dinge sal God hulle in die oordeel bring.UG1 142.2

    Die een meen dat die tiendes vir skooldoeleindes gebruik kan word. Ander weer meen dat die kolporteurs uit die tiendes onderhou moet word. Maar dit is ‘n groot fout om die tiendes nie vir die regte doel, naamlik vir die onderhoud van predikante, te gebruik nie. Waar daar vandag een opgeleide werker in die veld is, behoort daar ten minste ‘n honderd te wees.UG1 142.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents